Lindie Strydom, voorheen van Egoli-faam en tans aanbieder van DKNT Gospel op KykNet en Finesse se Inspirasievrou 2012 kom Badisa Gesinsorgdienste help om fondse in te samel.
Sy besoek Knysna op 14 September wanneer sy sal gesels oor die onderwerp 'Sarie Marais kan ook die wêreld verander'.
Die geleentheid vind plaas by die NG-Kerksaal in Fitchatstraat, Knysna.
Daar sal om 18:00 sop en sjerrie bedien word, waarna die program om 19:00 sal vervat.
Die koste beloop R50 per persoon.
Almal is hartlik welkom. Vir meer inligting, kontak Alma Botha by 044 382 2721.
