Adam Tas @reedvalley


Previous Page

19th Dec 2018
 Mossel Bay

No image currently available

Adam Tas sal op Woensdag, 19 Desember op ReedValley se verhoog wees. Kaartjies is aanlyn beskikbaar teen R150 per persoon. Deure maak 18:30 en die vertoning sal om 20:00 begin.

Adam Tas se growwe rasperstem en emosiebelaaide lirieke, het van dag een af diep kom nesskop in die harte van Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers, en met sy nuuste album,

Sit Kêrels, gaan hy beslis ’n paar nuwe aanhangers verwerf! Sit Kêrels is beslis ’n moet vir elke musiekliefhebber se versameling, ongeag of jou voorkeur is vir kuier of ernstig wees. Die kombinasie van betekenisvolle lirieke, besonderse melodieë en sy uitsonderlike stem, is net die regte bestanddele vir ’n album wat oor tien jaar steeds ’n gunsteling gaan wees. Adam Tas het die ongelooflike vermoë om mense met sy musiek saam te snoer, sy emosies eerstehands te laat ervaar, en ‘n gevoel van rustigheid te skep… soos net ’n goeie ou vriend, met wie jy beoog om nog ’n lang pad te stap, kan!


Contact details

Name: The Barn Venue @ReedValley
Tel: +27 44 698 1022

Previous Page

 Visual Map Search


Find pet-friendly accommodation
 Alphabetical Quick List
 Visual Map Search
 Tourism Information
 Events
Email-Address / Username:
Password: