Bymekaarkomplek - Digters, Wyn & Lied - Lizanne Barnard & Mel Botes


Previous Page

14th Dec 2018
 Plettenberg Bay

No image currently available

2 Bekende kunstenaars deel die verhoog die Desember by die Barnyard Theatre in Plettenberg Baai - Lizanne Barnard en Mel Botes

LIZANNE BARNARD

Vir hierdie baie spesiale, intieme en kunstige produksie het bekroonde musikant Lizanne Barnard weereens van die skrywes van Lidi de Waal gebruik gemaak en deel die verhoog met die bekende Mel Botes.

Lizanne Barnard (vroër lid van die duo “Marimba!”) is bekend vir haar toonsettings van gedigte en komposisies in ‘n klas van hulle eie. Sy was verantwoordelik vir die komposisies en musikale regie vir oa Poppemeester – ‘n Huldeblyk aan Ingrid Jonker, Landskap (‘n produksie in samewerking met Anna Davel en Laurinda Hofmeyr wat die Woordkunstrofee verower het by Woordfees 2017) en ook die veelbesproke Uit die Bloute wat geopen het in 2018 by Innibos en sedertdien gehore op hulle voete gehad het.

Vir BYMEKAARKOMPLEK werk Barnard saam met die jong en talentvolle kitaarspeler en sanger, Pyjama Shark (23jaar oud), wat ‘n komponis in eie reg is en nou die geleentheid gaan kry om van sy eie oorspronklike materiaal uit te voer.

MEL BOTES

Mel Botes is ‘n musikant wat groot naam gemaak het vir sy vermoë om aanhoudend musikale grense te skuif  en  is een van daardie rare kunstenaars wat dit reggekry het om gelyktydig ‘n Afrikaanse loopbaan as liedjieskrywer en folk-rock sanger te vestig; asook ‘n Engelse loopbaan as rocksanger en kitaarsepeler.Na bykans 30 jaar in die bedryf, heelwat toekennings en ‘n baie lojale gevolg, is hierdie Mel steeds besig om sy aanhangers te verras!  Beide fynproewers en nuwelinge wat nog nie voorheen blootgestel was aan sy kenmerkende styl, sy veelsydigheid en sy volgehoue oorspronlikheid nie behoort groot aanklank by die vertoning te vind ... Mel se skatte in Afrikaans!

Beide vertonings vereis net een ding van sy gehoor en dit is om stil te raak en te luister. Ons neem jou op ‘n reis met klank en woord wat ‘n samekoms van uiteenlopende musikale elemente gebruik om ook ‘n samekoms van baie spesiale siele in ‘n baie spesiale tyd van die jaar, sensories behoorlik te bederf !

The Barnyard Theatre - Askop Road, The Crags, Plettenberg Bay
R150.00  8:00pm


Contact details

Previous Page

 Visual Map Search


Find pet-friendly accommodation
 Alphabetical Quick List
 Visual Map Search
 Tourism Information
 Events
Email-Address / Username:
Password: