Francois Van Coke


Previous Page

28th Dec 2018
 Mossel Bay

No image currently available

Francois van Coke doen 'n middagvertoning by ReedValley op Vrydag, 28 Desember. Kaartjies is aanlyn beskikbaar teen R150 p.p. en die vertoning is geskeduleer om 15:30 te begin.

Francois van Coke het naam gemaak as die ikoniese voorsanger van die legendariese rockgroepe Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel. Op 8 April 2015, het Francois sy selfgetitelde debuutalbum bekendgestel met die vrystelling van die aangrypendste ballade van daardie jaar, Toe Vind Ek Jou, met Karen Zoid. Rekords het vinnig begin breek. Dit was die eerste Suid-Afrikaanse en Afrikaanse enkelsnit en album wat tegelykertyd die nommer-1-posisies op iTunes se Top 40-treffersparades gehaal het en die liedjie het sodoende ook platinumstatus bereik deur meer as 20 000 keer afgelaai te word. Die Toe Vind Ek Jou-musiekvideo is binne 6 maande oor 'n miljoen keer op YouTube gekyk, en is aangewys as die grootste Afrikaanse musiekvideo van 2015. Met talle nommer 1's op radiostasies, massiewe mediadekking en gereelde uitverkoopte vertonings, het Francois se solo-loopbaan met wegholsukses afgeskop en die weg gebaan vir die vrystelling van sy tweede solo-album, Hierdie is die Lewe.


Contact details

Name: The Barn Venue @ReedValley
Tel: +27 44 698 1022

Previous Page

 Visual Map Search


Find pet-friendly accommodation
 Alphabetical Quick List
 Visual Map Search
 Tourism Information
 Events
Email-Address / Username:
Password: