Gian Groen Live @ Reedvalley


Previous Page

15th Apr 2023
 Mossel Bay

Gian Groen Live @ ReedValley

Gian Groen het sy debuut in die musiekbedryf 25 jaar gelede gemaak as liedjieskrywer en voorsanger van die eertydse rockgroep, Spinnekop. Hy word geken as een van SA se top Afrikaanse liedjieskrywers, en spog met verskeie benoemings en toekennings op sy kerfstok. 

Sy liedjie, Vier Seisoene Kind, is in 2022 deur die FAK aangewys as die komposisie wat al die meeste deur ander kunstenaars opgeneem is in die geskiedenis van Afrikaanse musiek.



Gian speel die land al vir baie jare aan die brand met sy vyfstuks orkes, maar soms raak hy rustig op die verhoog met melankoliese storievertel vertonings, waarin hy breedvoerig uitbrei oor die lief en leed van sy lewe op die langpad en meer. Sy vertoning by Reed Valley in Mosselbaai beloof om presies dit te wees.

Saam met hom op die verhoog is sy jarelange vriend en ghitaar virtioos, Guy Feldman, wat jou by tye sal laat dink jy is by ‘n Marc Knopfler konsert.
Kom kuier gerus saam op 15 April, en bespreek vroegtydig om nie op hierdie spesiale akoestiese vertoning uit te mis nie.

At ReedValley Farm, Mossel Bay


Contact details


Tel: 044 698 1022
Cell: 082 495 9061

Previous Page

 Visual Map Search


Find pet-friendly accommodation
 Alphabetical Quick List
 Visual Map Search
 Tourism Information
 Events
Email-Address / Username:
Password: