Jan Blohm Live In Knysna


Previous Page

15th Dec 2020
 Knysna

Jan Blohm Live in Knysna

Jan Blohm, se konsep-album, JENNY, wat uit veertien snitte bestaan is pas bekendgestel. Dit vertel die storie van twee tieners wat in die 1980’s in die klein konserwatiewe spoorwegdorpie, De Aar, woon. 

Dit is die eerste keer wat hy so ’n projek aanpak, maar volgens hom is dit iets wat al lank in sy kop broei en eendag die klankbaan van sy fliek met dieselfde naam gaan wees.
“Die album is nie net nog ’n versameling liedjies nie,” verduidelik die kunstenaar. “Ek het baie moeite gedoen om oor die afgelope vyftien jaar liedjies en gedigte saam te sit om ’n storie te vertel. Dis soos ’n fliek van Jenny se lewe.”

Die musikant het in die bedryf begin as lid van die rockgroepe, Demigods, Ledd Eye en Duin 7, voordat hy in 2004 sy solo-loopbaan afgeskop het met die vrystelling van sy eerste album, Melkstraat Confessions. Melkstraat Confession, het die rock-wêreld op sy kop gedraai nadat hy in 2005 met die GMT-Toekennings die kollig gesteel het met ‘Album van die jaar’. Breyten se brief was toe as liedjie van die jaar aangewys en Jan as “Beste nuweling”.

Vele ander toekennings het gevolg soos Huisgenoot Tempo se “Beste Rock groep van die jaar” in 2005. In 2008 sprei hy vlerke in London en selfs Beijing, China. Met die 14e jaarlikste SAMA toekenningsaand word hy bekroon met “Beste Afrikaanse DVD van die jaar.” 2009 stel Jan sy 7 Jaar bekend en stap dankbaar weg met die VAMT toekenning vir “Beste Rock Album van die jaar” asook twee Huisgenoot Tempo Toekennings vir “Gewildste Rock Album” en “Alternatiewe Musiekvideo van die jaar” saam met MK.

Sy tweede album, ’n Stille Runaway, is heeltemal self vervaardig en is in 2005 uitgereik. In dieselfde jaar, het Jan ook die hoofrol gespeel in die Afrikaanse dramareeks, Dit Wat Stom Is, nadat hy deur Frans Marx genader is om een van die hoofrolle te speel. Blohm het ook die titelmusiek, Dromer, vir die reeks geskryf en gekomponeer. Een van Jan se bekendse liedjies is Groen Trui en het verskyn op sy derde album met dieselfde titel. Die titelsnit was deel van die kykNET-reeks Orion se klankbaan.

Oor die afgelope paar jaar, het hy ’n gewilde gesig geword by die land se grootste musiekfeeste en het hy die rede geword hoekom betekenisvolle musiek weer ’n volwaardige plek in die bedryf het.

Vanaf 19h00 tot 21h00



Contact details


Tel: 044 384 0493

Previous Page

 Visual Map Search


Find pet-friendly accommodation
 Alphabetical Quick List
 Visual Map Search
 Tourism Information
 Events
Email-Address / Username:
Password: