Juan Boucher Live By Reedvalley


Previous Page

27th Dec 2022
 Mossel Bay

Juan Boucher live by ReedValley

Juan Boucher is terug by ReedValley met sy nuutste album, Hier Waar Ek Nou Is! Juan boucher is met rede een van Suid-Afrika se gewildste kunstenaars. Sy musiek het die vermoë om jou dansvloer toe te sleep, sy stem skuur soos honderdgrein skuurpapier oor die klank van elektriese kitare en met sy lirieke deel hy digterlik en opreg sy eie lewens ervaring.

Juan het oor die afgelope twaalf jaar bekend geword vir sy vermoë om te kan wissel tussen opgewekde dansmusiek en treffende rock-ballades, maar deur die verskillende genres word die tema van liefde konstant herroep. Deur sy musiek dra Juan sy hart op sy mou en deel hy amper outobiografies stories van nuwe liefde, teleurstelling en soms verlies.



Kaartjies slegs aanlyn beskikbaar
Deure oop 18h00
Vertoning begin 20h00
Geen buite kos of drank word toegelaat nie. Kaartfasiliteite is beskikbaar.

 


Contact details


Tel: 044 698 1022
Cell: 082 495 9061

Previous Page

 Visual Map Search


Find pet-friendly accommodation
 Alphabetical Quick List
 Visual Map Search
 Tourism Information
 Events
Email-Address / Username:
Password: