The Music Of Neil Diamond


Previous Page

7th Apr 2023
 Oudtshoorn

The Music of Neil Diamond

The Music of Neil Diamond bring hulde aan een van die mees suksesvolle kunstenaars van alle tye, wat ‘n verstommende 38 top-tien-liedjies in sy loopbaan gehad het.

Die sanger Johan Liebenberg word beskou as Suid-Afrika se eie Neil Diamond en as ‘n mens jou oë toemaak en na sy stem luister, sou jy gedink het dit is die legende sélf wat sing.

The Music of Neil Diamond is reeds landwyd en in Namibië met groot sukses opgevoer en die hele idee is om die klank so na as moontlik aan die oorspronklike te bring.

Die lys van treffers wat by die konsert op Celebratio gehoor kan word, sluit in “Sweet Caroline”, “Canta Libre”, “Forever in Blue Jeans”, “Beautiful Noise”, “America”, “I am I Said”, “Play Me”, “Solitary Man” en “Desiree”.

Die konsert is deel van KKNK 2023, dus word kaartjies via Webtickets bespreek. Dit beloof om ‘n aand van “beautiful noises” te wees, so bespreek sommer nou.

Konsertgangers word genooi om reeds van 18:00 af saam met vriende en familie op die terras van Celebratio te kuier en die stalletjies van van die omgewing se restaurante en wynkelders te besoek.



Contact details


Cell: 082 335 6059

Previous Page

 Visual Map Search


Find pet-friendly accommodation
 Alphabetical Quick List
 Visual Map Search
 Tourism Information
 Events
Email-Address / Username:
Password: