Twee By Reedvalley


Previous Page

23rd Dec 2018
 Mossel Bay

No image currently available

Kom ervaar TWEE “live” op die ReedValley-verhoog op Sondag, 23 Desember! Deure open 18:30 en die vertoning sal om 20:00 begin. Kaartjies is aanlyn beskikbaar teen R150 per persoon.

Die lede van TWEE, Herman Kleinhans en Maria Rademan-Viviers, het mekaar 6 jaar gelede in Kaapstad ontmoet en onmiddelik gesien dat mense ’n tasbare magiese gevoel ervaar wanneer hul saamsing en –speel, en so is die groep TWEE gebore. Kort op die hakke van hul wegholsuksesalbum, Piekniek vir Twee, volg die kykNET Afri-Visie-wenners, TWEE, se tweede album, SIRKELS. Gehore regoor die land het verlief geraak op Herman en Maria se unieke en eerlike vertolking van hulle wye verskeidenheid liedjies waar luisteraars sal kan huil, dans, glimlag, nostalgies wees, om die braaivleisvuur kuier of alleen met oorfone stil wees en luister. Herman noem dat hy weer universele temas gekies het waarby baie uiteenlopende mense aanklank kan vind. Hy hou homself selfs rymkletser op een van die liedjies en sê: “As Ed Sheeran dit kan doen, kan hierdie gemmer mos ook. Ek sit op elke album altyd ‘n lukrake liedjie waarmee ek sommer net die waters toets. Ek is werklik opgewonde om die luisteraars se opinie hieroor ook te hoor.” TWEE tree landswyd op in meestal intieme atmosfere waar hul gehore op ’n diep emosionele reis neem met hul eenvoudige dog treffende melodieë en lirieke.


Contact details

Name: The Barn Venue @ReedValley
Tel: +27 44 698 1022

Previous Page

 Visual Map Search


Find pet-friendly accommodation
 Alphabetical Quick List
 Visual Map Search
 Tourism Information
 Events
Email-Address / Username:
Password: