Brandewyn En Melktert - Blackie Swart & Jannie Moolman


Previous Page

13th Sep 2019
 Knysna

Brandewyn en Melktert - Blackie Swart & Jannie Moolman

Brandewyn en melktert is lekker op hulle eie, maar die twee saam is heerlik! So is die musiek van Blackie Swart en Jannie Moolman ook - 90 minute se musiek deur twee legendes.

Blackie is meer as net Liewe Lulu en Jannie is meer as net Nessum Dorma. Van Liewe Lulu tot Mozart, van Dire Straits tot Engelbert Humperdinck en tussenin Koos du Plessis, Johannes Kerkorrel, Lucas Maree en ‘n paar lekker verrassings om die aand af te rond. Brandewyn en Melktert is ‘n aand propvol nostalgiese musiek deur twee legendes van die Afrikaanse musiekbedryf. Tussendeur bly die humor ook nie agter nie en staaltjies uit hulle honderde optredes en verskeie toere laat die gehoor skaterlag.

Jannie en Blackie is albei reeds meer as 20 jaar in die musiekbedryf en saam met vervaardiger Giep van Zyl het hulle ‘n konsert bedink wat wyd byval sal vind. In Brandewyn en Melktert sal gehore nie net van Jannie en Blackie se bekendste musiek hoor nie, maar hulle sing en speel ook musiek van hulle eie helde. Elkeen van hulle word so bietjie uit sy eie gemaksone gehaal met ‘n paar uitdagende liedjies en hulle sing ook nuwe musiek wat eersdaags op elkeen se splinternuwe CD verskyn.

Tyd: 8 PM – 10:15 PM
Venue: The Barnyard - Plettenberg Bay, Askop Road - The Crags, Plettenberg Bay


Contact details


Cell: 079 876 0406

Previous Page

 Visual Map Search


Find pet-friendly accommodation
 Alphabetical Quick List
 Visual Map Search
 Tourism Information
 Events
Email-Address / Username:
Password: