Eerste vir Alles is ’n romantiese komedie oor ou bene saam maak, veral as een die ander ’n ribbebeen skuld.
Die romatiese komedie was die topverkoper by die Vrystaatse Kunstefees
Twee van ons land se gedugste storievertellers span kragte saam om die oorspronklike “power couple” te vertolk ’n klassieke geval van “he said, she said.” Eva (Meyer-Rödenbeck), ’n gefrustreerde kunstenaar, kry uiteindelik ’n beurt om haar kant van die storie te vertel, die liefde en leed van die eerste moeder en huisvrou. Adam (Opperman) glo ook nie hy’t dit maklik gehad nie. Die handboek vir menswees is eers na sy tyd geskryf.

Saterdag 24 Okt om 19:00 by die George Arts Theatre om 19:00
Contact details