Eet Kreef! bring nuwe lewe aan een van die mees ikoniese alternatiewe albums in Afrikaans.
Die ikoniese album deur Johannes Kerkorrel en die Gereformeerde Blues Band laat die kranse antwoord gee in hierdie huldeblyk en herinterpretasie van die satiriese dog salwende musikale meesterstuk - 30 jaar na die album oorospronklik uitgereik is. Laudo Liebenberg (aKING) en sy stem soos gesmelte goud kom saam met die hotste rockers in die bedryf vandag. Maar pasop as hulle agter die stuur van hierdie Alternatief-Afrikaanse osssewa inskuif.

“Ek het onlangs weer Johannes Kerkorrel se musiek herontdek en het gedink oor hoe vars en modern dit klink. Veral vir die tyd waarin dit vrygestel was. Dit was iets uniek in Afrikaanse musiek en dit staan vandag nog uit. Dis toe dat ek die idee kry om ’n Kerkorrel show te doen, maar ek wou nie ’n normale “tribute show” doen nie. Dit moes iets meer wees as net dit. Ek het oppad na ’n show toe saam met Arno Carstens dit aan Arno genoem toe sê hy “Wat van julle doen die EET KREEF! album?”. Dit was genoeg om my te oortuig om te begin om ’n groep bymekaar te sit vir die projek.” se Frank Freeman (kitaar & sang).
“Ons het van die begin af besluit om nie ’n “tribute show” te doen nie. Daar is nie rerig ’n punt daaraan nie. Ons wil die musiek nuwe lewe gee in 2019. So ja daar sal nuwe verwerkings wees, maar die elemente wat die album so ikonies maak sal definitief behou word. Ons probeer om ’n goeie balans te hou. Ek dink ons weergawe van “Hillbrow” wat op YouTube vrygestel is ’n perfekte voorbeeld van ons benadering.” voeg Frank by.
“Ek dink dit is ‘n groot uitdaging om ‘n album soos dié op te tree, ags dit so uniek is en baie na aan mense se harte lê. Ons het van die begin af gesê dat dit ‘n verwerking moet wees en nie ‘n ‘tribute’ nie. ‘Sit jou eie stempel op,wees eerlik,respekvol en eg teenoor die song’ is my mantra vir hierdie vertoning.” sê Laudo Liebenberg nadat hy gevra was hoe hy voel om in iemand soos Kerkorrel se skoene te staan.
Die duo weergawe van die produksie bestaan uit:
Laudo Liebenberg - hoofsanger, kitaar Frank Freeman - kitaar & sang
Na die suksesvolle debut van die produksie is die groep genader op ’n album van die produksie op te neem. Hierdie album is sedertdien einde November 2019 uitgereik en EET KREEF! herleef is nou beskikbaar op alle digitale platforms asook in jou naaste musiekwinkel.
Contact details