Elandré Live In Plett @ Mel's Place


Previous Page

18th Apr 2022
 Plettenberg Bay

Elandré Live in Plett @ Mel's Place

Elandré het in 2016 met sy tuisvideo van die Bruce Springsteen treffer Tougher Than The Rest sy eerste merk gemaak op sosiale media, en die Afrikaanse-musiekbedryf. Met miljoene trefslae het hierdie in-die-oomblik video gelei tot die Oos-Kaapse kunstenaar se debuut album: Kleindorp-Dromer.


Met oorspronklike snitte, vanuit sy eie pen, soos 'Afrikaans Sal Bly', 'Die Lyn' en 'Honderd Duisend Maal', het Elandré se debuut album sy veelsydigheid as skrywer, asook die eenvoud van die kleindorp-ondervinding, met nostalgiese-, country- en moderne pop-klanke bevestig.

In 2019 is die sukses van sy eerste album gevolg met die konsep-album: Boomhuis. Die eerste enkelsnit, Vuur op die Water, het 'n nuwe kleurryke fase vir die voormalige teaterstudent aangekondig. Die musiekvideo vir dié enkelsnit het miljoene trefslae opgelewer.

Dit was opgevolg met esteties-kragtige en droomagtige musiekvideos: soos die afskeidsballade Tussen Die Lakens, die romantiese bas melodië van Woorde Uit Jou Mond, en die nuutste kus-disco oplewering In Hierdie Ding.

Sedertdien het menige getroue ondersteuners ook in sy 'Boomhuis' gekuier tydens sy landswye toere. Sy lirieke het ook deel gemaak van die duet 'Dalk' saam met Refentse, Andriette se Sy Is Ma, en die optimistiese groepprojek Ons Maak Saak - in samewerking met Brendan Peyper, Refentse en Christia Visser

​Die soms jeugdig, soms volwasse werk van Elandré word bestempel as vars, onverwags, onvergeetlik, en trots Afrikaans. Aan die hoof van elke lied, musiekvideo, of verhaal is die trefkrag egter steeds sy unieke bariton stem.

Doors Open 17h00
Show Starts 19h00


Contact details


Cell: 079 876 0406

Previous Page

 Visual Map Search


Find pet-friendly accommodation
 Alphabetical Quick List
 Visual Map Search
 Tourism Information
 Events
Email-Address / Username:
Password: