Internet Sensasie Met Mel Die Storieverteller


Previous Page

21st Dec 2026
 Mossel Bay

Internet Sensasie met Mel die Storieverteller

Mosselbaai-vakansiegangers, kom help ons om die laaste Internet Sensasie-vertoning in Suid-Afrika só vol te pak dat die stadsaal uit sy nate bars! 

Bring die familie, die bure, die tannies, die ooms en daai een vriend wat altyd sê hy lag nooit nie... ons gaan hom ook toets!

Kom kuier saam, lag uit jou maag uit en wees deel van 'n onvergeetlike aand vol stories, skaterlag en lekker herinneringe voordat die vakansie tot 'n einde kom!



In 2023 het nuuskierige gehore opgedaag om te sien hoe internetsensasie, Mel die Storieverteller in lewende lywe op ‘n verhoog lyk. Nou stroom almal na haar vertonings want Mel is toe skreeusnaaks in die regte lewe ook (vir mans en vroue). In haar derde komiese een-vrou vertoning, Internet Sensasie, gaan gehore uitvind dat Mel nou kan sing ook.

Mel deel uit eerstehandse ervaring stories vanuit die elektroniese oerwoud vol aandagsoekers en liggelowiges: Oom Riekert se groot fout, ‘n beplande vuisgeveg in ‘n taai plek met die naam KuduKraal, hoe ‘Mel die Storieverteller’ ontstaan het en die siekte op haar voorkop.
Die stories is vars, onverwags en bleddie belaglik, maar blykbaar alles waar, wel, so sê Facebook, en ons almal weet wat op die internet staan is ‘n feit, maar kan betwyfel word, tensy jy dit wil glo!

Vertoning duur: 80 minute (Geen pouse)
Styl: Komiese Storievertelstyl
Ouderdomsbeperking: Geen o.14’s
Venue: Mosselbaai Stadsaal
Adres: 101 Marsh Straat
Kaartjieprys: vanaf R250pp - Boek vroeg en spaar 10% - Geldig vanaf 1 Julie tot 30 Julie 2026
Deure open: 19:30
Vertoning begin: 20:00

Kaartjies: https://itickets.co.za/events/486205
Kom help ons om Internet Sensasie op 'n hoë noot af te sluit – met 'n stampvol stadsaal, hope lag en 'n aand om te onthou!


Contact details


Cell: 061 537 8435

Previous Page

 Visual Map Search


Find pet-friendly accommodation
 Alphabetical Quick List
 Visual Map Search
 Tourism Information
 Events
Email-Address / Username:
Password: