Internet Sensasie Met Mel Die Storieverteller


Previous Page

4th Oct 2025
 Mossel Bay

Internet Sensasie met Mel Die Storieverteller

In die regte lewe is Mel die Storieverteller 'n komediant en katliefhebber, maar in 'n ander dimensie - die een binne ons fone - is sy 'n Afrikaanse internet sensasie.

In haar derde stand up comedy show, Internet Sensasie, verklap Mel UITEINDELIK wat sy rérig dink van hierdie elektroniese oerwoud vol honger leeus, ywerige flaminke en ontaktvolle (sw)ape.

Mel vertel van die tannie langsaan se ongesonde obsessie met TikTok en likes, die een influencer wat haar thrifted broek bo hou met 'n skoenveter en Oom Gert se groot fout op die gemeenskap se Facebook blad. Soos gewoonlik het Mel se stories 'n klomp draaie - jy dink jy is op pad na die einde dan swaai sy skerp links en gooi jou met 'n onverwagse staaltjie oor haar man se nuwe slaaptyd bykomstigheid.

Gehoorlede kan interessante stories (snaaks), danspassies (nie so snaaks) en 'n lied of twee (ag, sy probeer) verwag. Daar is plek vir baie lag en spasie om te dink aan jou eie foon maniere.



"Mel laat jou tuis voel. Jy WIL luister wat sy sê. En dan lag jy boonop baie."
- Margit Meyer-Rödenbeck

"Vars, oorspronklik en vrek snaaks."
-Pretoria FM

Vertoning duur: 80 minute (Geen pouse)
Styl: Komiese Storievertelstyl


Contact details


Tel: +27 44 698 1022

Previous Page

 Visual Map Search


Find pet-friendly accommodation
 Alphabetical Quick List
 Visual Map Search
 Tourism Information
 Events
Email-Address / Username:
Password: