Juan Boucher By Reedvalley


Previous Page

12th Aug 2022
 Mossel Bay

Juan Boucher by ReedValley

Juan Boucher is terug by ReedValley met sy nuutste album, Hier Waar Ek Nou Is!

Juan boucher is met rede een van Suid-Afrika se gewildste kunstenaars. Sy musiek het die vermoë om jou dansvloer toe te sleep, sy stem skuur soos honderdgrein skuurpapier oor die klank van elektriese kitare en met sy lirieke deel hy digterlik en opreg sy eie lewens ervaring.

Juan het oor die afgelope twaalf jaar bekend geword vir sy vermoë om te kan wissel tussen opgewekde dansmusiek en treffende rock-ballades, maar deur die verskillende genres word die tema van liefde konstant herroep. Deur sy musiek dra Juan sy hart op sy mou en deel hy amper outobiografies stories van nuwe liefde, teleurstelling en soms verlies.

2021 was ‘n groot jaar vir Boucher. Hy het met sy droomvrou getrou en gaan binnekort pa word. Daarom voel dit gepas dat Juan, wie inspirasie vanuit sy eie lewe put om liedjies te skryf, besluit het om sy nuwe album Hier Waar Ek Nou Is te noem.

By ReedValley Farm, Mossel Bay
Deure oop om 18h00, vertoning begin 20h00



Contact details


Tel: 044 698 1022
Cell: 082 495 9061

Previous Page

 Visual Map Search


Find pet-friendly accommodation
 Alphabetical Quick List
 Visual Map Search
 Tourism Information
 Events
Email-Address / Username:
Password: