Kersfees In Die Klein-karoo - Met 3 Van Die Bestes


Previous Page

2nd Dec 2023
 Garden Route & Klein Karoo

Kersfees in die Klein-Karoo - Met 3 van die Bestes

Die jaarlikse Kerskonsert by die granaatplaas Celebratio trek vanjaar ‘n nuwe baadjie aan met die gewilde groep Drie van die Bestes, met Danie Niehaus, Mathys Roets en Germandt Geldenhuys, wat hier gaan optree.

Dagboek solank Saterdag 2 Desember en laat die vriende en familie weet – op dié dag gaan daar heerlik onder die sterre gekuier word by Kersfees in die Klein-Karoo met Drie van die Bestes!  



Drie van die Bestes is al vir dekades een van Suid-Afrika se mees gewilde sangtrio’s en soos die naam verklap is hierdie kunstenaars drie van Suid-Afrika se bestes en maak hulle gesamentlik musiek vir langer as ‘n eeu.  

Ná al die jare kry hierdie drie manne dit steeds reg om gehore te vermaak en te verras met nuwe klanke, stories en musiek.  Hulle is veral bekend vir hul gewilde a capella-verwerkings, klassieke vertolkings en ingewikkelde drie-party harmonieë – daar is geen einde aan wat hierdie drie kunstenaars sáám op ‘n verhoog kan vermag nie.

Wat hulle so ‘n gedugte span maak is hul vermoë om effektief te wees as trio, maar ook as solokunstenaars in eie reg. Mathys is bekend vir sy fluweelagtige basstem wat boei met unieke storievertelling.  Danie is ‘n bekroonde liedjieskrywer, maar hy is ook een van die land se talentvolste kunstenaars wat sy kragtige, emosie-belaaide stem al dekades lank gebruik om gehore te betower. Germandt was tot onlangs dalk méér bekend as die geliefde karakter wat hy in die sepie, Binnelanders speel, maar met sy kragtige tenoorstem, sy vertolkings van musiek en sy boeiende verhoogpersoonlikheid, verower hy harte oral waar hy gaan.

Verwag ‘n feestelike aand, perfek om die Kerstyd af te skop. Die kos- en wynstalletjies open reeds om 18:00, so kom lekker vroeg en kuier op die grasterras wat uitkyk op die granaatboorde en Gamkaberge.


Contact details


Cell: +27 82 335 6059

Previous Page

 Visual Map Search


Find pet-friendly accommodation
 Alphabetical Quick List
 Visual Map Search
 Tourism Information
 Events
Email-Address / Username:
Password: