Klassieke Klein Karoo Kersfees – 3 Tenore en ‘n Diva word op Saterdag 10 Desember op Celebratio aangebied. Vanjaar deel die sprankelende “diva” Lynelle Kenned die verhoog met drie gesoute operasangers, Lukhanyo Moyake, Conroy Scott en Tylor Lamani.
Konsertgangers kan uitsien na besonderse vertolkings van liedere soos The Prayer, Amazing Grace, Libiamo, Panis Angelicus en The Flower Song. Gewilde Kersliedere kan ook gehoor word. Die skrywer Tania Smit van Oudtshoorn gaan ook ‘n paar voorlesings doen.
Die sangers word begelei deur die Stellenbosch Stadsorkes met Paul Loeb van Zuilenburg as dirigent.
Kom vroeg en kuier op die terras saam met familie en vriende. Die kos- en wynstalletjies maak 6 uur oop. Kaartjies kos R280 en is beskikbaar by www.celebratio.co.za of by Oudtshoorn Postnet of skakel 0828027138 vir meer inligting.
By Celebratio Pomegranate Farm - Oudtshoorn
Contact details