Klassieke Klein-karoo Kersfees


Previous Page

5th Dec 2026
 Oudtshoorn

Klassieke Klein-Karoo Kersfees

Begin die feestyd op die regte noot met op Celebratio Granaatplaas buite Oudtshoorn

Twee wêreldklas tenore en ’n soprano deel vanjaar die verhoog by Klassieke Klein-Karoo Kersfees, wat op Saterdag 5 Desember by Celebratio buite Oudtshoorn aangebied word. Lynelle Kenned, Jannie Moolman en Louis Loock sal die aand saam met ’n klassieke orkes optree, onder leiding van Paul Loeb van Zuilenburg.

Die gehoor sal kan uitsien na pragtige Kersliedere asook van die mooiste klassieke treffers. Daar sal ook geleentheid wees vir samesang.

Die konsert begin om 19:30, maar die kos- en wynstalletjies is reeds van 18:00 af oop. Kom gerus vroeër en kuier op die grasterras wat uitkyk oor die granaatboorde en die Gamkaberg.



Kaartjies kos R290 per persoon en is aanlyn beskikbaar op www.celebratio.co.za.

Vir meer inligting kontak Marita Meyer by 082 335 6059.


Contact details


Cell: +27 82 335 6059

Previous Page

 Visual Map Search


Find pet-friendly accommodation
 Alphabetical Quick List
 Visual Map Search
 Tourism Information
 Events
Email-Address / Username:
Password: