Vanjaar se Klassieke Klein Karoo Kersfees-konsert wat op Saterdag 13 Desember by Celebratio buite Oudtshoorn opgevoer word, spog met twee van die land se bekendste sangers, Jannie Moolman en Corlea Botha.
Corlea en Jannie sal die verhoog deel met ‘n klassieke orkes. Die musiek is spesiaal verwerk vir die vertoning en die gehoor sal kan uitsien na pragtige Kers¬liedere asook van die mooiste klassieke treffers. Daar sal ook geleent¬heid wees vir samesang.
Van die liedjies op die program sluit in “Stille Nag”, “Jerusalem”, “O Sole Mio”, “Nessun Dorma” en “You raise me Up”.
Die konsert begin om 19:30, maar die kos- en wynstalletjies is reeds van 17:30 af die middag oop.
Kaartjies kos R280 per persoon en is aanlyn beskikbaar op www.celebratio.co.za.
Vir meer inligting kontak Gerhard Meyer by 082 802 7138.
Contact details