Langenhoven Gimnasium


Langenhoven Gimnasium: Langenhoven Gimnasium

Oudtshoorn, Western Cape, South Africa

In 1913 is die Industri�le Skool deur die NG Kerk gestig met die doel om aan seuns die geleentheid te bied om hulself in �n ambag te bekwaam. Nadat die Unie-Onderwysdepartement die skool in 1930 oorgeneem het, is �n volwaardige handelsrigting saam met die ambagrigting ingestel. Vanaf 5 Junie 1935 staan die skool amptelik bekend as die Langenhoven Vakskool.

In 1935 is daar besluit dat die skool twee afsonderlike skole sal word. Vanaf 1 April 1936 staan die twee skole bekend as die Ho�r Handelskool Langenhoven en die Ambagskool. Die Ho�r Handelskool Langenhoven is eers in die Fostergebou, vanaf 1938 in �n gebou langsaan en in 1971 in die nuwe skoolgebou op die hoek van Adderleystraat en Voortrekkerweg gehuisves. Die Ambagskool verhuis in 1945 na Lugskool 45, die bekende Suid-Basis, en staan van toe af bekend as die Ho�r Tegniese Skool. Op 10 Augustus 1977 is die nuwe skool- en koshuisgeboue, waarin die leerders tans gehuisves word, in gebruik geneem.

Vanaf 1 Januarie 1987 verkry die Handelskool die status van �n gewone ho�rskool en word die naam verander na Ho�rskool CJ Langenhoven.

Vanaf 1 Mei 1992 word beide skole Model C-skole en amalgameer op 1 Januarie 1993. Op 19 Januarie 1993 word die nuwe skool, Langenhoven Gimnasium, met �n algemene, �n handels- en �n ingenieursrigting geopen.

Op hierdie wyse herhaal die geskiedenis hom dus met die hersamevoeging van die twee skole, n� �n skeiding van 57 jaar.

Langenhoven Gimnasium is vanjaar 23 jaar oud, en gaan van krag tot krag.
Situated in Garden Route

Tel: +27 44 272 2151, Fax: +27 44 272 6254, Address: H/v Jan van Riebeeckweg en Scheepersstraat Oudtshoorn
PREVIOUS PAGE
 Visual Map Search


Find pet-friendly accommodation
 Alphabetical Quick List
 Visual Map Search
 Tourism Information
 Events
Email-Address / Username:
Password: