Mathys Roets In Mosselbaai


Previous Page

11th Apr 2021
 Mossel Bay

Mathys Roets in Mosselbaai

Mathys Roets stel sy eerste album in 9 jaar bekend en saam met dit kom ‘n splinternuwe vertoning!

In tipiese Mathys Roets-styl is elke liedjie met diepte en warmte gevul. Wat hierdie vertoning en album so spesiaal maak is die samevloei van die digkuns en musikale vernuf.

Elke lied kry dit reg om jou met nostalgie te laat terugdink aan spesiale oomblike uit ’n ander lewe. Dis asof liriek en melodie saamspan om jou te laat ontvlug na alles waarvan jy reeds vergeet het.



Saam met enige Mathys Roets vertoning, kan jy altyd uitsien na ou bekendes en nou ook die splinternuwe Leonard Cohen lied, “Thanks for the Dance”. Kom geniet hierdie nuwe musiek saamgesnoer met ou bekendes vir ‘n heerlike aand van vermaak in ‘n intieme omgewing.

Kom luister na die sagte Reën, of Bertus se koolstoof wat sing totdat Klaasvakie kom oorneem. ‘n Sprokie oor ons land en stories van Grasade en Katedrale. Kom reis saam as die trein vertrek van die Stasie in die skemer. Cohen sê dankie vir die laaste dans. Daar is altyd ‘n nuwe begin al dink jy Waantoe nou. Maar jy bly steeds die reën, die sagte reën oor die veld en appelblaarboom wat bot.

*Deure oop om 17h30 | Vertoning begin om 19h00 | Kaartjies slegs aanlyn beskikbaar (beperkte sitplekke)*


Contact details


Tel: 044 698 1022
Cell: 082 495 9061

Previous Page

 Visual Map Search


Find pet-friendly accommodation
 Alphabetical Quick List
 Visual Map Search
 Tourism Information
 Events
Email-Address / Username:
Password: