Refentse @reedvalley


Previous Page

5th Jan 2019
 Mossel Bay

No image currently available

Raak deel van die liefdegenerasie met Refentse by ReedValley op Saterdag, 5 Januarie. Kaartjies vir hierdie gewilde vertoning is aanlyn beskikbaar teen R150 per persoon. Deure maak 18:30 oop en die vertoning sal om 20:00 begin.

Daar kom ’n oomblik wanneer ’n talent wat deurgaans van krag tot krag gegroei het in volkleur blom. Vir Refentse het daardie oomblik aangebreek met sy blinknuwe album, “Liefdegenerasie”.

Met hierdie twaalfsnit-album delf hy dieper as ooit om ’n ryke en eiesoortige musikale skat te ontgin – iets wat, in die saamsmee van poëtiese liriek en musiek wat dit nie deur norme laat voorskryf nie, ’n ander sy van hierdie merkwaardige jong talent se karakter na vore laat tree.

Die album skakel moeiteloos tussen meer akoestiese en vol orkes oomblikke, met ’n verskeidenheid genres wat daarby ingeweef is – kontemporêre en alternatiewe elemente, rock, reggae en selfs ’n tikkie kletsrym wat die volle omvang van Refentse se vokale vernuf ten toon stel en soos ’n splinternuwe, pasgemaakte baadjie aan hom sit.


Contact details

Name: The Barn Venue @ReedValley
Tel: +27 44 698 1022

Previous Page

 Visual Map Search


Find pet-friendly accommodation
 Alphabetical Quick List
 Visual Map Search
 Tourism Information
 Events
Email-Address / Username:
Password: