Ruhan Du Toit


Previous Page

13th Dec 2019
 Plettenberg Bay

Ruhan Du Toit

Ruhan du Toit, wat veral bekend is vir sy aangrypende vertolking van die gewilde Simon & Garfunkel-treffer, The Sound of Silence, het beslis geen bekendstelling in musiekkringe nodig nie.

Sy unieke vieroktaafstem en natuurlike talent agter die kitaar en verskeie ander musikale instrumente, het reeds vir hom baie deure oopgemaak en vir hom ’n permanente plek in die harte van Suid-Afrikaanse en Internasionale musiekliefhebbers verseker....

Die musikant, wat in Port-Elizabeth grootgeword het en tans in Pretoria woon, werk al sedert 1993 in die musiekbedryf en kon letterlik sing voordat hy behoorlik kon loop of praat. Op die ouderdom van tien, reik hy sy eerste solo-album, Die Hemel Is (1994), uit en dit was maar net die begin van hierdie singende wonderkind se musiekreis!

Sedertdien het hy gemiddeld 150 vertonings per jaar gedoen, rolle gehad in verskeie musiekblyspele en teaterproduksies, asook nog drie solo-albums, Mensekind (1995), I believe (1997) en Sal ek jou kom haal (2008), en twee duet-albums, Sound of Silence (2000) en Langpad (2006), saam met sy broer, Jeanré, opgeneem. Ruhan en Jeanré was ook in die top 20 van Zing in 2004.

In 2012 het hy aangesluit by die bekroonde musiekgroep, Touch of Class, saam met wie hy reeds dertien suksesvolle albums uitgebring het. The Sound of Silence se musiekvideo, wat hy ook as deel van dié duo uitgebring het, het groot sukses aanlyn bereik. Sedert die vrystelling in Junie 2016, is dit reeds deur meer as vyf miljoen mense op YouTube gekyk.

Vanjaar is hy reeds ses-en-twintig-jaar in die bedryf en om hierdie mylpaal in sy loopbaan te vier, gaan hy nou ook sy veelsydigheid as solo-kunstenaar ten toon stel. Alhoewel hy steeds optredes gaan doen vir Touch of Class, het dié talentvolle kunstenaar besluit dat dit tyd is vir iets nuut en opwindend en daarom het hy besluit om sy solo-vertonings te hervat. “So lekker soos wat dit is om ’n verhoog te deel in ’n groep, is jy ietwat beperk oor hoeveel jy as mens van jouself kan deel sonder om selfsugtig voor te kom. Ruhan het nog altyd die gawe gehad om die meeste geleenthede te lees en iets vir almal in die gehoor te kon bied met ’n aarsenaal van oor die 500 liedere. Die nuwe vertonings gaan wissel tussen massiewe musikale verwerkings en naakte eenvoud, waar net sy stem en kitaarspel ten toongestel gaan word. Dit gaan ook vir hom ’n geleentheid bied om oorspronklike werke met aanhangers te deel.”

Ruhan werk ook die afgelope drie jaar nou saam met Coleske Artists en gaan vanjaar te sien wees by die land se grootste musiekkonserte, Afrikaans Is Groot en Classics is Groot. 

Time: 8pm
Price: R150


Contact details


Tel: 079 876 0406

Previous Page

 Visual Map Search


Find pet-friendly accommodation
 Alphabetical Quick List
 Visual Map Search
 Tourism Information
 Events
Email-Address / Username:
Password: